Suid-Afrikaanse wilboerderye kan nie met praktyke in Ooste vergelyk word

Loading player...
Wilbedryf SA verwerp die EMS-stigting se versoeke aan die Suid-Afrikaanse regering om in die lig van die koronavirus, 'n verbod op die plaaslike verbruik van wildsvleis, te plaas. Dié stigting, wat onlangs prokureursbriewe aan betrokke regeringsdepartement gerig het, voer glo aan dié virussiekte kan van wild oorgedra word. Wiaan van der Linde , vise-president van Wildbedryf SA, sê die EMS-stigting, se versoeke is ongegrond, want die situasie rondom die slagting en eet van wilde diere op sogenaamde "nat markte" in die Ooste is nie gelyk aan boerderypraktyke in Suid-Afrika nie. Hy sê daar is 'n agenda agter dié stigting se versoeke. Dié stigting is 'n onganisasie sonder winsbejag wat hom toespits op die welsyn van onder meer wilde diere... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Linde gepraat...
26 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min