Bloemskou verskaf geleentheid aan rasgenootskappe op aanlynplatform

Loading player...
Die afstel van die gewilde Bloemskou vanjaar, wat ook 'n groot trekpleister vir die landboubedryf is, weens die situasie rondom die Covid-19-pandemie, het 'n groot negatiewe uitwerking op uitstallers en die betrokkenes van verskeie rasgenootskappe. Dié skou, so vanjaar vanaf 24 April tot 2 Mei in Bloemfontein plaasvind. Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof, sê om uitstallers te ondersteun en die publiek die teleurstelling te spaar, is 'n aanlynplatform geskep om die Bloemskou, elektronies te ervaar. 'n Groot gedeelte van die daaglikse hoogtepunte, op die oorspronklike program ten opsigte van kunstenaars, is vanaf Vrydag aanlyn beskikbaar. Die onderskeie rasgenootskappe kry ook die geleentheid om hulself bekend te stel op dié platform. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...
26 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min