VKB dra by tot voedselsekerheid as 'n waardevolle betrokke in landbou

Loading player...
Die landboubesigheid, VKB, gaan in die nasionale grendeltydperk weens die Covid-19-pandemie onverpoos voort om gehalte diens te lewer ten einde 'n rol te speel om voedselsekerheid in die land te verseker. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van die VKB-groep, sê hulle is in 'n bevoorregte situasie om deel te kan wees van die landboubedryf in die uitdagende tye. Daarom is dit dié groep se mandaat om te fokus op die veiligheid van mense, maar ook om voort te gaan met produskie. Hy sê die verwagte goeie somergraanoes is ook bemoedigend... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
27 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min