Saai vra regeringsdepartemente om vervoerregulasies uit te pluis

Loading player...
Saai, 'n organisasie wat die belange van familieboere verteenwoordig, het 'n beroep gedoen op verskeie regeringsdepartement om hul standpunte te belyn en op grondvlak aan die polisie en die weermag oor te dra. Die beroep is in die lig van die landboubedryf en dié waardeketting, wat nie doeltreffend tydens die Covid-19-inperkingstydperk, funksioneer nie. Dit kom nadat Saai oorval is met oproepe van gefrustreerde familieboere, wat verhoed is om verder te reis, nadat hulle by padversperrings voorgekeur is. Owerhede voer dan aan boere beskik nie oor sertifikate van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC), nie. Dié sertifikate klassifiseer boere as noodsaaklike diensverskaffers. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê dit is een van die knelpunte, wat familieboere, nou in die gesig staar... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
27 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min