Jagbedryf wag nou vir protokol oor Covid-19-regulasie

Loading player...
Die jagbedryf het die regering se aankondiging dat daar, tydens vlak-4 van die nasionale inperking met die jag van wild voortgegaan kan word, verwelkom, maar dié bedryf wag nou angstig op die nodige protokol in dié verband. Fred Camphor, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, sê jag is nou tydens dié vlak van die Covid-19-inperking toelaatbaar, maar daar is talle grys gebiede waaroor duidelikheid gekry moet word. Die jag van wild is aanvanklik verbied met die aanvang van die grendeltydperk. Hy sê protokol rondom dié jag van wild sal egter na verwagting vandag bekendgemaak word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....
30 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min