Covid-19: Verbod op patrollering in landelike gebiede skep 'n leemte

Loading player...
Die minister van polisie, Bheki Cele, staan vas by die verbod op die patrollering deur buurt- en plaaswagte tydens die Covid-19 staat van inperking. Die patrollering in landelike gebiede is 'n tradisionele gevestigde instelling en is deel van die landelike beveiligingstrategie, wat in oorleg met die polisie, in plek gestel is. Dit is volgens Bennie van Zyl, algemene bestuurder van TLU SA, wat meen Cele se oortuiging laat 'n groot leemte. Dit ondanks die feit dat daar uit verskeie geledere druk op Cele asook ander betrokke besluitnemers geplaas word om dié verbod op te hef. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat....
30 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min