#AgriSA 'n Duidelike begrip oor die landbouwaardeketting is nodig in SA

Loading player...
Betrokkenes in die landboubedryf se harde werk agter die skerms om die landbouwaardeketting ongesteurd te laat, het vrugte afgewerp. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, sê daar is uit verskeie landbougeledere voorstelle aan die regering gemaak ten opsigte van sekere regulasies van die staat van inperking weens die Covid-19-virussiekte. Die meeste van dié voorstelle is deur die regering aanvaar, wat verblydend is. Hy sê in die meeste gevalle kan die landbouwaardeketting nou voortgaan, maar wyn, drank en tabak bedrywe word steeds geraak en veroorsaak 'n vertraging in die ketting. Dit kan Suid-Afrika duur te staan kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
3 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min