#Covid19: Afname in steun vir Ramaphosa wink met volgehoue grendelstaat

Loading player...
Daar is nie ‘n wen-wen oplossing rondom die Covid-19-pandemie en meer spesifiek die hantering daarvan deur besluitnemers in Suid-Afrika nie. Dr. Piet Croucamp, 'n politieke ontleder, meen met die voortduur van die grendelstaat kan daar meer druk op politici kom en steun vir hulle kan afneem. Hy sê dit is te verstane, want met die toename in geweldige armoede, mense wat hul werk verloor, en maatskappye wat hul deure noodgedwonge moet sluit weens die ekonomiese impak van die pandemie, sal politici se besluite, eerste bevraagteken word. Croucamp meen verder steun vir pres. Cyril Ramaphosa, wat aanvanklik wyd geloof is vir sy hantering van die pandemie, kan dan ook geweldig daal. Meningsopnames toon tussen 65% en 70% mense in die land steun hom steeds en dit sluit ook minderheidsgroepe in, maar hoe langer die grendelstaat voortduur hoe meer ingewikkeld kan dit raak en hoe groter gaan die uitwerking daarvan op Ramaphosa se steun, wees. Daarmee saam is die politieke klimaat in die land steeds te midde van dié pandemie, gespanne. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Croucamp gepraat...
7 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min