#Covid19: Afname in steun vir Ramaphosa wink met volgehoue grendelstaat

Loading player...
Daar is nie ‘n wen-wen oplossing rondom die Covid-19-pandemie en meer spesifiek die hantering daarvan deur besluitnemers in Suid-Afrika nie. Dr. Piet Croucamp, 'n politieke ontleder, meen met die voortduur van die grendelstaat kan daar meer druk op politici kom en steun vir hulle kan afneem. Hy sê dit is te verstane, want met die toename in geweldige armoede, mense wat hul werk verloor, en maatskappye wat hul deure noodgedwonge moet sluit weens die ekonomiese impak van die pandemie, sal politici se besluite, eerste bevraagteken word. Croucamp meen verder steun vir pres. Cyril Ramaphosa, wat aanvanklik wyd geloof is vir sy hantering van die pandemie, kan dan ook geweldig daal. Meningsopnames toon tussen 65% en 70% mense in die land steun hom steeds en dit sluit ook minderheidsgroepe in, maar hoe langer die grendelstaat voortduur hoe meer ingewikkeld kan dit raak en hoe groter gaan die uitwerking daarvan op Ramaphosa se steun, wees. Daarmee saam is die politieke klimaat in die land steeds te midde van dié pandemie, gespanne. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Croucamp gepraat...
7 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min