Moontlike heropening van die Covid-19-regeringshulp wek kommer

Loading player...
Hoewel daar nog geen amtelike dokumentasie verskaf is deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, oor die moontlike heropening van sy Covid-19-hulppakket van R1,2 miljard, wat op hoofsaaklik opkomende boere gemik is, heers daar reeds kommer daaroor in georganiseerde landboukringe. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap sê, die rooiligte flikker oor welke begroting gebruik gaan word in terme van die vorige proses, wat nie afgehandel is nie, en 'n moontlike volgende proses wat kan volg. Hy sê daar onstaan talle vrae oor onder meer of 'n bykomende begroting gebruik gaan word en of gaan die volgende proses deel van die R1,2 miljard Covid-19-regeringshulp wees. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
14 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min