Trompsburg-skool in sy noppies met 'n sukksesvolle WhatsApp-wildsveiling

Loading player...
Die Primêre Skool Trompsburg se WhatsApp-wildsveiling om geld vir die Vrystaatse skool in te samel, het alle verwagtinge oortref. Louwrens Strydom, skoolhoof, sê die gemeenskap trek swaar in die grendeltydperk weens die Covid-19-pandemie en talle ouers werk nie in die stadium nie. Hulle kan dit nie bekostig om hul kinders se skoolfondse te betaal nie en twee van die skool se geldinsamelingsprojekte het in die grendeltydperk deur die mat geval. Daarom het die gemeenskap, onder leiding van die Trompsburg-landbouvereniging, wild- en jagpakkette asook karkasse geskenk vir die veiling wat Woensdag via Whatapp aangebied is. Strydom sê dit was 'n reuse sukses en al die lotte wat aangebied is, is verkoop. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
17 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min