Trompsburg-skool in sy noppies met 'n sukksesvolle WhatsApp-wildsveiling

Loading player...
Die Primêre Skool Trompsburg se WhatsApp-wildsveiling om geld vir die Vrystaatse skool in te samel, het alle verwagtinge oortref. Louwrens Strydom, skoolhoof, sê die gemeenskap trek swaar in die grendeltydperk weens die Covid-19-pandemie en talle ouers werk nie in die stadium nie. Hulle kan dit nie bekostig om hul kinders se skoolfondse te betaal nie en twee van die skool se geldinsamelingsprojekte het in die grendeltydperk deur die mat geval. Daarom het die gemeenskap, onder leiding van die Trompsburg-landbouvereniging, wild- en jagpakkette asook karkasse geskenk vir die veiling wat Woensdag via Whatapp aangebied is. Strydom sê dit was 'n reuse sukses en al die lotte wat aangebied is, is verkoop. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
17 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min