Tromsburg en omliggende gemeenskappe staan saam om hulp te verleen waar nodig

Loading player...
Die gemeenskap van Trompsburg in die Vrystaat weet hoe om saam te saam in uitdagende omstandighede. Besighede asook die landbougemeenskap, wat self in 'n mate swaartrek en deur die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie, geknou word, het steeds vrygewige harte om ruim skenkings aan behoeftige mense, te maak. 'n Voorbeeld hiervan is die Trompsburg Primêre Skool se WhatsApp-veiling om geld in te samel vir dié skool, wat baie goed afgeloop het. 'n Wins van sowat R90 000 is behaal. Wild, karkasse en jagpakkette is deur boere vir dié veiling geskenk. Die skoolhoof, Louwrens Strydom, sê daar is groot nood in Trompsburg, maar mense se welwillendheid is opmerklik. OFM-nuus se Christal-lize Muller het met hom gepraat...
18 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min