Tromsburg en omliggende gemeenskappe staan saam om hulp te verleen waar nodig

Loading player...
Die gemeenskap van Trompsburg in die Vrystaat weet hoe om saam te saam in uitdagende omstandighede. Besighede asook die landbougemeenskap, wat self in 'n mate swaartrek en deur die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie, geknou word, het steeds vrygewige harte om ruim skenkings aan behoeftige mense, te maak. 'n Voorbeeld hiervan is die Trompsburg Primêre Skool se WhatsApp-veiling om geld in te samel vir dié skool, wat baie goed afgeloop het. 'n Wins van sowat R90 000 is behaal. Wild, karkasse en jagpakkette is deur boere vir dié veiling geskenk. Die skoolhoof, Louwrens Strydom, sê daar is groot nood in Trompsburg, maar mense se welwillendheid is opmerklik. OFM-nuus se Christal-lize Muller het met hom gepraat...
18 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min