Zoetis bied gesondheidsoplossings oor 'n groot spektrum van dieregesondheid

Loading player...
Die vooraanstaande dieregesondheidsmaatskappy, Zoetis Suid-Afrika, is passievol oor diere asook die veilige en doeltreffende beskikbaarstelling van produkte om dieresiektes, onder meer dié van troeteldiere, te voorkom. Liza le Roux, 'n tegniese bestuurder by Zoetis Suid-Afrika, sê daar is 'n verskuiwing deur farmaseutiese maatskappye en veeartse om voorkomende geneeskunde toe te pas, omdat dit makliker en koste doeltreffend is om siektes te voorkom eerder as om dit te behandel. Sy sê 'n verskuiwing het plaasgevind na troeteldiere, honde, katte asook perde, wat meer deel is van gesinne se leefwyses. Hulle is na wat sy verwys "geselskapdiere", en daarom wil die mens dié dierekinders uiteraard vashou en vertroetel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat oor Zoetis se gesondheidsoplossing regoor die hele spektrum van diergesondheid....
19 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min