Zoetis bied gesondheidsoplossings oor 'n groot spektrum van dieregesondheid

Loading player...
Die vooraanstaande dieregesondheidsmaatskappy, Zoetis Suid-Afrika, is passievol oor diere asook die veilige en doeltreffende beskikbaarstelling van produkte om dieresiektes, onder meer dié van troeteldiere, te voorkom. Liza le Roux, 'n tegniese bestuurder by Zoetis Suid-Afrika, sê daar is 'n verskuiwing deur farmaseutiese maatskappye en veeartse om voorkomende geneeskunde toe te pas, omdat dit makliker en koste doeltreffend is om siektes te voorkom eerder as om dit te behandel. Sy sê 'n verskuiwing het plaasgevind na troeteldiere, honde, katte asook perde, wat meer deel is van gesinne se leefwyses. Hulle is na wat sy verwys "geselskapdiere", en daarom wil die mens dié dierekinders uiteraard vashou en vertroetel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat oor Zoetis se gesondheidsoplossing regoor die hele spektrum van diergesondheid....
19 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min