Zoetis neem leiding in dieregesondheid

Loading player...
Talle navorsing is beskikbaar oor die voordele van 'n noue band tussen die mens en troeteldiere. Zoetis Suid-Afrika,'n toonaangewende multinasionale dieregesondheidsonderneming, het jare se ondervinding in dieregesondheid. Dr. Liza le Roux, 'n tegniese bestuurder by Zoetis, sê daar is verskeie navorsingsprojekte oor troeteldiere, wat as geselskapdiere beskou word. Dié band hou talle voordele vir die mens in. Juis daarom word dit aanbeveel dat mense meer spandeer aan die voorkoming van dieresiektes eerder as die behandeling daarvan. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Le Roux gepraat.
20 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min