#Agri SA: Inisiatiewe om droogtehulp te verleen bring hoop

Loading player...
Boere ondervind steeds uitdagings ten opsigte van droogtehulp en die interpretering van die Covid-19-regulasies en die uitvoering daarvan deur polisiebeamptes. Dit sluit in toegang tot permitte en onkunde oor die permitstelsel vir reisdoeleindes. Andrea Campher, ramprisko-bestuurder by Agri SA, sê boere se veiligheid is noodsaaklik en die verbod op die patrollering deur plaaswagte in landelike gebiede, skep 'n onveilige situasie. Sy sê Agri SA is nietemin dankbaar vir Engen se samewerking ten opsigte van droogtehulp aan boere. Vir elke liter olie wat deelnemende Engen-ondernemings oor die land heen verkoop sal R1 tot Agri SA se droogtehulpfonds bygedra word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat.
20 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min