Boere wat met voëls teel sukkel met die uitvoer daarvan na ander lande

Loading player...
Die netwerk vir familieboerderye, Saai, sê daar is steeds kwessies rondom die Covid-19-inperkingsregulasies asook die interpretering n die regering se rol in die uitvoering daarvan. Dit kom nadat boere wat met eksotiese voëls teel probleme ondervind met die uitvoer van hul diere na die buiteland. Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê die kwessie is onder die betrokke departemente se aandag gebruk en terugvoer word teen vandag verwag om die mark ten volle te open. Hy sê daar word steeds probleme ondervind in die waardeketting met beamptes wat nie die nodige administratiewe prossesse in dié verband voltooi nie. Nog 'n kwessie rondom die Covid-19-regulasies is die noodsaaklikheid van perde wat oefening moet kry. Saai het egter 'n groot hou in dié verband toegedien. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
21 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min