Agri SA behaal sukses om landbou-water bekostigbaar te hou

Loading player...
Landbou-water is steeds bekostigbaar danksy suksesvolle onderhandelings met die regering deur Agri SA. Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se komitee vir natuurlike hulpbronne, sê dié organisasie verwelkom die regering se beperkte verhogings in die voorgestelde rouwaterkoste vir die besproeiingsbedryf vir die nuwe boekjaar. Dit kom nadat dié organisasie tydens konsultasies met die Departement van Water en Sanitasie gevra het dat die voorgestelde styging in waterhulpbron-infrastruktuurkoste tot 16,5% beperk moet word. Dit is deur die departement goedgekeur en verlede week amptelik gepubliseer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Kritzinger gepraat.
21 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min