Vrystaat Landbou skud sy kop vir die nasionale energiereguleerder (Nersa)

Loading player...
Vrystaat Landbou (VL) het sy teleurstelling uitgespreek in die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, Nersa, wat die nasionale kragvoorsiener, Eskom, se prysverhogings goedgekeur het. Francois Wilken, president van VL, sê dié organisasie doen al etlike jare voorleggings en rig vertoë in openbare verhore van Nersa om die verhoging van tariewe, wat bo inflasie strek, teen te staan. Dit kom nadat Nersa nou goedgekeur het dat Eskom sy verlies van die 2018/19-boekjaar kan verhaal deur om tariewe vir die volgende boekjaar by te heg. Dit kom neer op 'n verhoging van 6,5%. Wilken sê dit kom nou op 'n slegte tydstip vir die landboubedryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
24 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min