Landboubedryf verbruik water verantwoordelik #AgriSA

Loading player...
Die korrekte verbruik van water in die landboubedryf is noodsaaklik en van groot belang. Produsente se waterregte moet in plek wees en landbouwater moet doeltreffend gemeet word. Dit is volgens Wayman Kritzinger, voorsitter van Agri SA se komitee vir natuurlike hulpbronne, wat meen boere moet die water waaroor hulle beskik ooreenkomstig die regte wat hulle het, goed bestuur. Hy sê georganiseerde landbou is gekant teen die onverantwoordelike verbruik van water. Kritzinger meen egter landbouwater in sy mening word wel optimaal vir produksie deur die bedryf verbruik om voedselsekuriteit in die land te handhaaf. Hy is van mening dat water nie deur die bedryf onverantwoordelik verbruik word nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
24 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Andre van der Vyfer van SACOTA vertel meer oor die organisasie

Suid-Afrika se landbousektor word ondersteun deur verskeie bedryfsliggame en organisasies wat help om die bedryf te reguleer en produsente in staat stel om te floreer. Een so 'n organisasie is die South African Cereals and Oilseeds Trade Association, wat ook bekend staan as SACOTA. Elsabe Richard-May het met uitvoerende direkteur,…
17 Mar 11PM 2 min