Safex Verslag - 25 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in beide die Julie en September kontrak. · Sirië het Vrydag ʼn internasionale tender uitgesit om ongeveer 51 000 ton se mielies aan te koop vir invoerdoeleindes. · Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R38/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 410/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R30/ton laer verhandel om teen R2 548/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in beide die Julie en Augustus kontrak. · China is steeds ʼn groot koper van sojabone wat die internasionale pryse ondersteun, maar die handel tussen China en die VSA is steeds gespanne. · Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R123/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 287/ton te sluit. Koring: · Die Amerikaanse koringmark het Vrydag hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit in al drie die Amerikaanse koringmarkte. · Die mark het onder druk gekom met die produksietoestande in die VSA asook Europa wat meer gunstig is. · Die plaaslike koringmark het Vrydag gemeng verhandel met die naby maand kontrak wat ondersteuning gevind het, terwyl die verder maand kontrakte onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R22/ton hoër verhandel om teen R5 540/ton te sluit.
24 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min