Vrystaat Landbou se onderskeie landbouverenigings ondersteun plaaslike gemeenskappe

Loading player...
Vrystaat Landbou (VL) en sy lede in onderskeie landbouverenigings oor die land heen, in samewerking met landboubesighede, voorsien hulp op grondvlak aan onderskeie gemeenskappe, wat in kosnood verkeer. Dit is weens negatiewe impak van die Covid-19-pandemie. So sê Francois Wilken, president van VL, wat meen dié organisasie se onderskeie landbouverenigings in hul betrokke gemeenskappe spreek mense se behoeftes aan. Landboubesigheide is ook betrokke by hulpskemas want hulle het die infrastruktuur om dit te hanteer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
25 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min