Pieter Moller gesels met Benjamin Bosch, ‘n bekende Bonsmara-teler en leierboer van die Bothaville-distrik

--:--
Benjamin Bosch is ‘n bekende leierboer en Bonsmara-stoetteler in die Bothaville-distrik, waar hy ook boer met mielies, sonneblomme en sojabone. Bosch vertel van alternatiewe metodes wat landbouers in die toekoms sal moet aanwend om veilings aan te bied. Volgens hom moet boere “uit die boks” dink, omdat die corona-virus veroorsaak dat koop-en-verkoop transaksies nooit weer dieselfde in die toekoms sal wees nie. Verder vertel Bosch ook van hul eie Bonsmara-veiling wat onlangs gehou is en hy brei ook uit oor landbouvooruitsigte in die Bothaville-distrik. Volgens hom het die goeie reenval van die afgelope paar maande goeie oeste opgelewer en hy moedig veral jongmense aan om in die landbousektor betrokke te raak.
25 May 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes

Veeskool onderwerpe

Pieter Möller gesels oor van die onderwerpe wat verlede jaar tydens die Veeskool, waaroor onlangs berig is, bespreek is. Dit vorm deel van vanjaar se byeenkoms wat in Oktober in Sentraal Suid-Afrika plaasvind.
24 Apr 1PM 1 min

Rooivleisnuus uit Brittanje en die VSA

Pieter Möller berig oor internasionale rooivleis nuus uit Brittanje en die VSA met die jongste jaarlikse produksiesyfers wat onlangs bekendgemaak is.
22 Apr 2AM 1 min

Skaap boeredag buite Prieska

Pieter Möller berig oor die gewilde Skaap boeredag buite Prieska op 2 Mei en vertel ook wie die bekendes is wat daar gaan optree.
19 Apr 2AM 1 min