#Covid19 Regering besef rol van landbou, grondhervorming kan moontlik anders benader word

Loading player...
Die fokus op grondhervorming en meer spesifiek die onteiening van eiendom sonder vergoeding het ietwat afgeneem weens die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika. Dr. Piet Croucamp, 'n politieke-ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU) sê dit kan toegeskryf word aan die feit dat daar nie 'n volle sitting van die Nasionale Vergadering nou plaasvind nie. Hy meen egter die ANC besef met die Covid-19-pandemie dat landbou 'n baie belangrike rol speel. Croucamp meen dit kan daartoe bydrae dat die regering moontlik anders na grondhervorming later kan kyk. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
26 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min