Goeie verwagte SA-mielieoes kan skuldvlakke verminder #Senwes

Loading player...
Die verwagte goeie Suid-Afrikaanse mielie-oes is 'n geldelike inspruiting vir primêre boere. Dit is volgens Francois Strydom, die Senwes-groep se uitvoerende beampte, wat meen die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se jongste oesskatting toon dat die land kan dié seisoen die tweede grootste nasionale mielieoes nóg lewer. Dit is in die omgewing van 15,3 miljoen ton. Hy sê die belang daarvan is dat die totale omset van die nasionale oes sowat R37 miljard kan oplewer. Dit kan positief wees vir boere en die res van die waardeketting om hul skuldvlakke onder beheer te kry, en ook uit te reik na mense in nood weens die impak van die Covid-19-pandemie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
26 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min