Bibberweer in groot deel van die sentrale binneland klaar op teen naweek

Loading player...
'n Groot deel van die sentrale binneland ervaar sedert Dinsdag ysige oggendtemperature met lae maksimum dagtemperature. Elani Heyneke, 'n voorspeller van die die Suid-Afrikaanse Weerdiens se Bloemfontein-kantoor, sê dié bibberweer begin egter in sekere dele nou opklaar vanaf vandag. Sy sê die koue weerstoestande is weens 'n koue front wat vanuit die suidwestelike deel van die land inbeweeg het. Geen sneeu het in die Oos-Vrystaat voorgekom nie, ondanks verskeie foto's wat op sosiale media versprei is oor sneeuneerslae in gebiede in die oostelike deel van die Vrystaat en op die Lesotho-berge. Volgens haar was daar wel sneeu oor die hoogliggende dele van die Oos-Kaap by Barkley-Oos en by Sutherland. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...
27 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 2025 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 2025 10PM 4 min