Tabakverbod: Hele waardeketting vanaf boere tot verbruiker word geraak

Loading player...
Met internasionale anti-tabakdag wat gister plaasgevind het, beklemtoon dié plaaslike tabakbedryf egter opnuut die reuse finansiële en sosio-ekonomiese bydrae wat dié bedryf in Suid-Afrika lewer. Francois van der Merwe, 'n tabakboer en 'n direksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rusenburg in Noordwes, sê die tabakbedryf speel ook 'n baie belangrike rol in plattelandse ekonomieë veral ten opsigte van werkskepping. Hy sê daar is meer as 300 tabakboere oor die land heen, waarvan talle opkomende boere is. Volgens hom raak die Suid-Afrikaanse regering se verbod op tabakverkope tydens die nasionale Covid-19-inperkingstydperk nie slegs dié boere nie, maar die hele waardeketting word geraak. Dit terwyl sluikhandel toeneem. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met homg gepraat...
31 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min