#Covid19: Tabakverbod is irrasioneel en gaan bedryf kelder

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering se standpunt dat mense veral in townships, wat saam aan 'n sigaret rook, kan bydra tot die verspreiding van die Covid-19-pandemie, is 'n irrasionele argument. Francois van der Merwe, 'n tabakboer en 'n adviseur in die tabakbedryf, sê dié argument het sekerlik ook daartoe bygedrae dat die verbod op tabakprodukte aanvanklik opghef sou word, maar daarna weer beperk is. Hy meen mense wat sigarette deel, deel ook ander items soos koeldrankbottels en borde kos. Daarmee saam dra peperduur onwettige sigaretpakkies nou daartoe by dat mense minder daarvan koop, maar dit steeds met mekaar deel. Van der Merwe, wat ook 'n direksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rustenburg is, sê daarom het die regering nie 'n goeie argument nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
1 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min