Alternatiewe proteïene gewild tydens Covid-19 in Amerika

Loading player...
Die tekort aan vleis in Amerika weens inperkingsmaatreëls met betrekking tot die Covid-19-pandemie in dié land het opnuut die fokus op alternatiewe proteienprodukte van plantmateriaal, geplaas. Chris Potgieter, hoof van privaat-kliënte sekuriteite by Old Mutual Wealth , sê dié alternatiewe proteïene, wat plantekstrak en gefermenteerde proteïen insluit is nie 'n nuwe verskynsel oor die wêreld heen nie. Twee maatskappye, Beyond Meat en Impossible Meats is al vir jare hard aan die werk ten opsigte van die verfyning en verbetering van alternatiewe proteïene uit plantprodukte. Die verbruik daarvan het in Amerika in dié tydperk toegeneem, maar in Suid-Afrika is dit nog nie so gewild nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Potgieter gepraat...
1 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min