Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Hy verwys na nuwe lesse wat geleer kan word uit die Covid-19-pandemie en meen die omvang van regeringshulp in die vorm van verskeie toelaes en die mate wat dit uitgebrei moes word om die vangnet ten opsigte van sosiaalmaatskaplike verligting so wyd moontlik te maak, is verstommend. 'n Mens sou kon verwag dat meer mense meer paraat sou wees om dié krisis te hanteer, veral in terme van huishoudelike voedselsekerheid.
Wat ook ontbloot is, is die gebrek aan betroubare inligting oor die werklike stand van sake en hoe naby mense aan hongersnood verkeer. Dit selfs te midde van relatiewe voldoende beskikbare kos in Suid-Afrika veral in vergeleke met die beskikbaarheid daarvan in ander lande. Laubscher meen dit wil voorkom of té veel mense eenvoudig hande in die lug gegooi het met ‘n kreet dat die regering moet help. Hy vra die vraag wat van selfhelp geword? Dié ideologie dui op politieke verknegtheid, want kom daar kos, geld die ou spreekwoord van “wie se brood mens eet, dié se woord mens spreek”.
Die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie (FAO) wys tereg hoe die beginsel van oorlewing ten alle koste toegepas is in lande waar regerings eenvoudig nie hulp kan verleen nie. Sogenaamde vertikale en mikro boerderye in talle lande, wat armer as dié aan die suidpunt van Afrika is, lewer bewys van hoe daardie boere werklik planne maak. Koolsaad gespasieer tussen die stene van plaveisel, selfgemaakte kweekhuise van ‘n vierkante meter en verskillende kort groeigroentes in plantbakke van ou buitebande op die dakke van hoë geboue, is maar enkele voorbeelde hiervan. In een spesifieke geval kon ‘n pa van Aka Khel, ‘n dorpie in die mees voedsel onseker gebied van Pakistan ‘n eenvoudige kweekhuis opgerig en aan die gang gekry. Hy produseer tamaties, okra, spanspek in 'n klein ruimte. Die belangrike les is dat hy met behulp van baie eenvoudige tegnologie voedselsekerheid vir sy huishouding kon skep en ook sy gesin se dieet kon verbeter.
3 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min