Vryheidsfront Plus sien rooi oor regering se #Covid19-regulasies

Loading player...
Die regering het die uitreiking van die Covid-19-inperkingsregulasies uiters swak hanteer. Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, sê dit het duidelik na vore getree tydens dié proses. Arbitrêre besluite is deur die regering geneem, wat nie prakties uitvoerbaar is nie. Hy sê boere het onder meer gekla dat hulle nie van hul produkte van een provinsie na die ander mag vervoer nie. Hulle is deur die polisie en weermag by padversperrings verhoed om dit te doen. Groenewald sê dít terwyl landbou uit die staanspoor van die inperking as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer is en daar met die meeste landboubedrywighede voortgegaan kon word.
9 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min