Koue weerstoestande voordelig vir die kersiebedryf

Loading player...
Die verwagte kouefront, wat reeds sy kloue met 'n stewige greep in die Wes-Kaap en Oos-Kaap ingeslaan het, en na verwagting die sentrale binneland vandag tref, kan voordelig wees veral in winterreënvalgebiede waar die droogte sy tol geëis het. Dit sluit gebiede soos die Wes-Kaap en ook gedeeltes van die Noord-Kaap in. Die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, sê koue toestande hou voordele in vir sekere bedrywe. Hy sê veral die kersiebedryf kan daarby baat. Dit nadat kersieboere nie verlede jaar optimale kersieproduksie-omstandighede kon bereik nie.​ Daarmee saam sal kleinveeboere egter 'n plan moet maak teen die erge koue, wat tog 'n impak op hul diere kan hê.
10 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min