Brandseisoen nou hier in die Vrystaat

Loading player...
Min grootskaalse skade is Woensdag deur verskeie brande regoor die Vrystaat aangerig. Met die kouefront vanaf die Kaap wat nou in die sentrale binneland bibberweer veroorsaak, was daar Woensdag sterk winde. Verskeie grasbrande het in die Mangaung en Matjabeng munisipale gebiede voorgekom. Die algemene bestuurder van die sambreelliggaam vir brandverenigings in die Vrystaat, Johann Breytenbach, sê die grootste brand was in die Thaba Nchu-distrik op trustgrond, maar dit was nie 'n wegholbrand nie ondanks sterk windtoestande. Hy sê die brandindeks was Woensdag in die suidelike gedeelte van die Vrystaat hoog, maar die provinsie het lig daarvan afgekom as die weerstoestande toé in ag geneem word. Hy sê dié veelvuldige brande vandeesweek dui egter daarop dat die brandseisoen nou hier is.
11 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min