Petrus van Heerden direkteur Beeswinkel

Loading player...
Die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, sprei nou sy vlerke na Namibië. Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, sê hulle is deur boere in Suid-Afrika se buurland genader om ook soos in Suid-Afrika doeltreffend deur middel van aanlynveilings met mekaar handel te kan dryf. Hy sê Beeswinkel, wat al vir meer as twee jaar een van die voorlopers is in terme van dié verhandelingsplatform, het 'n paar jaar gelede voorsien dat daar 'n aanlynrewolusie in Suid-Afrika gaan plaasvind. Hulle het besef dat dié tipe veilings daagliks aangebied kan word. Volgens Van Heerden fokus Beeswinkel op kostebesparing vir boere en voerkrale wat lei tot beter marktoegang, deursigtigheid, naspeurbaarheid en biosekuriteit. OFM-Nuus se Christal-Lize Muller het met Van Heerden gepraat
14 Jun 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min