Johann Breytenbach, sambreelligaam vir brandverenigings in Vrystaat

Loading player...
Grasbrande hou dié brandseisoen 'n groot gevaar in vir die Vrystaat. Dit is weens die veld se lading wat hoog is. Weiding en grasveld is ook welig. Daarmee saam wil dit voorkom of die brandseisoen ook reeds aangebreek het in die Vrystaat. Dit nadat verskeie van dié brande verlede week met die koufront, wat vanaf die Kaap oor die binneland inbeweeg het, gewoed het. Johann Breytenbach, die algemene bestuurder van die sambreelliggaam vir brandverenigings in die Vrystaat, sê hierdie weerstoestande gaan gepaart met sterk wind wat dit moeilik en gevaarlik maak om grasbrande te blus. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Breytenbach gepraat..
14 Jun 2020 2PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min