Beeswinkel se eerste Namibiese-aanlynveiling eersdaags aangebied

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, wat plaaslik al goed gevestig is, brei nou uit na Namibië. Petrus van Heerden, 'n direkteur van Beeswinkel, sê die eerste kommersiële stilveiling vir Namibiese boere vind volgende week aanlyn plaas. Die teikenmark is boere wat speenkalwers aanbied wat hulle op die veld vir slagdoeleindes, afgerond het. In dié stadium is die bestaande Suid-Afrikaanse platform, beeswinkel.co.za, kragtig genoeg om aanlyntransaksies van Namibië te huisves. Hy sê egter dit kan later verander met dié Suid-Afrikaanse buurland wat sy eie platform kan kry. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Heerden gepraat...
15 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min