GWK veilings en Wildswinkel stel die Veewinkel-toep bekend

Loading player...
GWK Veilings en Wildswinkel het kragte saamgesnoer en hul omvattende kennis in die veilingsbedryf gekombineer om 'n splinternuwe aanlynplatform vir lewende hawe daar te stel. Hulle het die GWK Veewinkel-toep bekendgestel. Willie Meyer, hoof van GWK Veilings, sê dit is 'n platform wat virutele, aanlyn-veeveilings moontlik maak. Dit is gerieflik vir kopers asook verkopers teen 'n verminderde koste in terme van vervoer, tyd en gewigsverlies van diere. Wildswinkel waarvan die vormalige Springbok-rugbyspeler, Victor Matfield, die uitvoerende hoof is, het daarmee saam 'n bewese agtergrond in veilings van wild. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meyer gepraat.
18 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min