Gesinsplase is die antwoord eerder as onvolhoubare regeringsprojekte

Loading player...
Groot bedrae geld word in die Vrystaat aan regeringsprojekte, wat steeds nie volhoubaar is nie, bestee. Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, wat meen die DA gaan steeds voort om beweerde korrupsie met betrekking tot die Vrede-suiwelprojek deur middel van die korrekte kanale uit te wys. Hy sê honderde miljoene rande is bestee aan hierdie tipe projekte, maar in sy mening het die agtente wat dié projekte moes begin, eerder daarby gebaat. Volgens Jankielsohn is gesinsplase eerder as dié projekte, 'n goeie roete om te volg. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
24 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min