Saai: Suid-Afrika is bankrot gesteel en nou in 'n skuldkrisis

Loading player...
Die skuldkrisis waarin Suid-Afrika hom bevind is 'n groot bron van kommer. Dr. Theo de Jager, die direksievoorsitter van die netwerk vir familieboere, Saai, sê die verwagting dat Suid-Afrika se brutoskuld vanjaar tot R4000 miljard gaan styg, maak die primêre produksiebedryf diep bekommerd. Sy reaksie kom nadat die minister van finansies, Tito Mboweni, in sy nuwe aangepaste begroting, die land se skuldlas goed uitgelig het. Dit is verder deur die Covid-19-pandemie vergroot. Daar word nou verwag dat die ekonomie vanjaar met 7,2% sal inkrimp. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Jager gepraat...
25 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min