Agri-Uur 29 Junie Francois Rossouw, Saai

Loading player...
Saai tree toe tot die stryd om tabakverbod op te hef
Die tabakbedryf in geheel asook verbruikers van dié produkte is 'n dubbele slag toegesnou. Dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria bevind het Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), se tabakverbod is in orde. Die Fair Trade Tobacco Industry, Fita, se dringende aansoek om dié regulasies, te verbied, was nie geslaagd nie. Daarmee saam sal 'n soortgelyke aansoek deur tien applikante, waarvan British American Tobacco South Africa(Batsa) die leiding neem, nou eers in Augustus vanjaar aangehoor word. Dit sou eerskomende Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word. Saai, die netwerk vir familieboerderye, is een van die applikante wat die hofgeding teen, Dlamini-Zuma, die president en die nasionale Covid-19-bevelsraad, dryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai gepraat...
28 Jun 2020 3PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min