Agri Uur 30 Junie Frans du Toit

Loading player...
Plaasaanval-slagoffers 'gaan nie geïntimideer word nie'
'n Ma en haar seun van die Petrusburg-gebied in die Vrystaat se gemoedstoestand is onder omstandighede goed. Dit kom nadat die 82-jarige Janetta du Toit en haar 54-jarige seun Wimpie, Vrydagaand vermoedelik deur drie mans op die plaas Lovedale aangeval is. Janetta se gesig is erg gekneus, terwyl Wimpie met ysterstawe oor die kop geslaan is. Frans du Toit, Janetta se seun, sê sy broer Wimpie is deur die aanvallers verniel. Frans was vinnig op die toneel omdat hy naby dié plaas bly. Hy vermoed die motief van die aanval is om hulle te intimideer om die plaas te verlaat. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het Maandagoggend met hom gepraat....

(VIR DIE WEB: Frans sê sy ma word nog in die Mediclinic-hospitaal in Bloemfontein behandel, terwyl sy broer Wimpie uit die hospitaal ontslaan is. Dit gaan onder omstandighede goed met Janetta, en daar word goed na haar in die hospitaal omgesien. Frans sê sy het die trauma sover goed hanteer. Wimpie aan die ander kant hanteer dit moeiliker. Hy is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk by sy ander broer Louw en dié se vrou, Alta, aan. Volgens Frans was Wimpie se gemoedstoestand Maandagoggend ietwat beter.
29 Jun 2020 1PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min