#Plaasaanvalle: Doen die noodsaaklikste eerste met aankoms op toneel

Loading player...
Dit is te verstane dat daar gedagtes van wraak is, deur talle wat op tonele van plaasaanvalle kom. Frans du Toit, seun van die 82-jarige Janetta en die broer van Wimpie du Toit, wat op hul plaas Lovedale by Petrusburg aangerand, vasgebind en beroof is, sê egter weens sy weermagopleiding het hy geweet hy moet eerste aandag skenk aan die beseerde mense. Daarna moet die toneel beveilig word. Dan eers kan daar gelet word op die soektog na die aanvallers, maar dit bly steeds 'n sekondêre aspek. Du Toit,wat blitsvinnig op die toneel was, nadat sy ma en broer deur drie mans aangeval is, is vol lof vir sy mede-boere en die goed gevestige veiligheidstruktuur wat in plek is in dié distrik. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat oor dié aanval Vrydagaand omstreeks 19:00....
30 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min