#VrystaatLandbou: Paraatheid is van groot belang met toenemende plaasaanvalle

Loading player...
Boere se veiligheid is in hul eie hande. Dit is volgens Kempen Nel, die streekveiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in die Xhariep-distrik in reaksie op die toename in aanvalle op plase in die Vrystaat die afgelope week. Nel sê boere beveilig hulself wel in 'n redelike mate, maar meer kan gedoen word. Die belangrikste daarvan is egter paraatheid. Nel het vroeër aan OFM-nuus gesê boere in die Petrusburg en aangrensende gebied het vinnig gemobiliseer, na 'n paniekkennisgewing Vrydagaand kort nadat Janettaq du Toit en haar seun, Wimpie, op die plaas Lovedale aangeval is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat....
30 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min