Vrygelate gevangenis weens Covid-19, werk kommer terwyl #plaasaanvalle toeneem

Loading player...
Die vrylating van 19 000 gevangenis om die risiko van die verspreiding van die Covid-19-pandemie in oorvol tronke te verlaag, kan moontlike bydrae tot die skielike toename in aanvalle op plase en kleinhoewes oor die land heen. Tommie Esterhyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê volgens dié organisasie se jongste syfers was daar in Junie vanjaar meer as 30 aanvalle op plase regoor die land gewees. Daarvan is vier moorde gepleeg. Esterhyse sê dit kom neer op 'n aanval per dag en in sommige gevalle selfs twee aanvalle per dag. Hy sê die polisie moet nou daadwerklik toetree tot die stryd om landelike gemeenskappe te beveilig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
2 Jul 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min