Tommie Esterhuyse, 6 Julie Agri-Uur

Loading player...
Met die toename in aanvalle op plase en kleinhoewes regoor die land, is dit nou van groot belang dat daar steeds op die polisie staatgemaak word om landsburgers te beskerm. Dit is volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Setnrum van Uitnemendheid, wat landbougemeenskappe nou tot kalmte maan. Esterhuyse sê die toenemende vlak van dié aanvalle is ernstig, maar die gereg moet nie in eie hande geneem word nie. Die polisie moet sy rol vervul. Esterhuyse gee sy versekering dat Agri SA hom daarop toespits om seker te maak die polisie kom sy verpligtinge na. Hy sê samewerking tussen georganiseerde landbou en die polisie is daarom noodsaaklik en boeregemeenskappe moet verantwoordelik op tree. Die polisie moet verantwoordelik gehou word om sy grondwetlike plig na te kom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gepraat...
5 Jul 2020 4PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min