Kobus Laubscher, Agri-Uur 9 Julie

Loading player...
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.

(VIR DIE WEB: Laubscher praat oor die rol van etikette op produkte om verbruikers te bemagtig.
Hy sê voedselsekuriteit het te doen met voldoende, veilige en bekostigbare kos wanneer en waar die verbruiker dit benodig. 'n Komplekse netwerk van aktiwiteite – waardekettings – verpraktiseer dié mikpunt. Die Covid-19-pandemie het landbou waardekettings tot die uiterste beproef, maar die feit dat daar voortdurend kos op verbruikers se tafels was, spreek boekdele.

Laubscher sê die onvermoë van massas verbruikers, wat nie sonder staatshulp en/of ruim donasies, om kos te kon benut nie, is ook opvallend.
8 Jul 2020 1PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min