Chris Derksen, Agri-Uur 9 Julie

Loading player...
Veilingspryse vir lewende hawe steeds op goeie vlakke
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...

(VIR DIE WEB: Derkesen sê die prys wat behaal is vir diere op veilings styg steeds goed. Daarmee saam is die prys van lammers hoog, wat goeie nuus is vir produsente. Die grootste uitdaging steeds in die landboubedryf in die stadium is 'n toename in misdrywe op plase, wat aanvalle op landbougemeenskappe insluit, asook 'n toename in veediefstal wat produsente kniehalter.

Volgens Derksen het speenkalwers onder 200kg op die weeklikse veilings Dinsdag in Kroonstad in die Vrystaat teen R33,66 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R32,50 en speenkalwers oor 250kg het teen R29,88 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste - Geen
B-klas beeste - R20,05 per kg
C-klas vet koeie - R19,21 per kg
Maer koeie - R15,00 na R17,25 per kg
Slagbulle - R21,75
Skape
Stoorlammers - R48,51 per kg
Slaglammers - R38,78
Stoorskape - R28,06 per kg
Vetskape - R28,31 per kg
Bokke
Lammers - R45,00 per kg
Ooie - R30,32 per kg
8 Jul 2020 1PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min