Agri Uur 13 Julie Renette Liebenberg DA

Loading player...
Die DA in die Noord-Kaap plaas nou druk op die regering om aan boere 'n tweede kans te gee om aansoek te doen vir die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se nasionale Covid-19-hulpfonds van R1,2 miljard. Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, sê dit kom nadat kleinboere en kleiner kommersiële boere in dié droogtegeteisterde provinsie ontevrede is oor gebrekkige ondersteuning en deursigtigheid rakende dié befondinsing. Sy sê bykans 80% van boere se aansoeke uit die Noord-Kaap is nie deur die regering goedgekeur nie. Dit nadat hulle aan die nodige vereistes vir dié hulp voldoen het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Liebenberg gepraat...
12 Jul 2020 5PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min