#OFMKunsteklop - Protea Boekhuis kompetisie vir opkomende illustreerders

Loading player...
Protea Boekhuis is op soek na buitengewone opkomende illustreerders
Is jy een van hulle? Stuur vir ons voorbeelde van jou werk en kry internasionale erkenning!
· Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat al drie saam ʼn storie vertel (dit kan ‘n bestaande storie wees of jou eie). Sluit die teks in wat by elke illustrasie hoort en gee ook ‘n kort opsomming van die hele storie in hoogstens 250 woorde. Stuur dit as ‘n Word-dokument.
· Dit mag nie voorheen gepubliseerde illustrasies wees nie.
· Enige medium en tegniek mag gebruik word.
· Jy mag alleen deelneem indien jy nog nie ‘n volledige prenteboek deur ‘n gevestigde uitgewery gepubliseer het nie. Jy mag wel deelneem indien jy slegs reeds opvoedkundige boeke geïllustreer het of jou werk opgeneem is in ander kontekste as prenteboeke; byvoorbeeld bundels, boekomslae en volwasse fiksie.
· Illustreerders van lande buite die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Suid-Afrika, Duitsland, Nederland en België mag wel deelneem deur hul bydraes te laai op die werf van enige van die organiserende lande. Die tekste moet in daardie geval in Engels wees.
Laai voor 10 Augustus 2020 jou illustrasie en bygaande teks − wat saam ʼn verhaal vertel − op. As jy die eerste digitale keuring slaag, sal ons jou vra om drukstukke van jou werk te stuur.
ʼn Professionele groep beoordelaars sal die drie beste inskrywings in Nederland/België, Suid-Afrika, Duitsland en die Verenigde Koninkryk kies. Die uitslag sal in Augustus 2020 bekendgemaak word op www.wwpbic.com. Wenners sal ook per e-pos ingelig word.
Die werk van die wenkunstenaars sal deel wees van ʼn reisende tentoonstelling in die deelnemende lande. Die finale keuse van wenillustrasies word in ʼn internasionale katalogus gepubliseer en voorgestel aan talle van die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs in 2020 − ’n uitstekende geleentheid vir kunstenaars om internasionale blootstelling te kry.
22 Jul 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Umzila: Keeping heritage alive through art and music

Umzila (The Legacy) is an exhibition that explores instrument-making as an artistic and archival practice through the Xhosa musical bow, uhadi. Born in Nyanga, Cape Town, Thandeka Mfinyongo is an African musician, scholar, and lecturer in African Music and Ethnomusicology at North-West University. Thandeka joins Yolanda Maartens in the OFM…
15 Jul 4 min

The Choral Celebration Network Foundation strives to keep choral music alive

The Choral Celebration Network Foundation (CCNF) aims to elevate harmony within the South African choral and orchestral industry through non-competitive and neutral performance opportunities. This is achieved through inclusive growth events that foster collaboration and celebrate the diversity of our nation, along with others, through the tools of choral and…
15 Jul 6 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Navi Redd

Yolanda Maartens gesels met Hanno Zeeman Moenie hierdie energieke optrede misloop nie. Navi Redd is weer in Bloemfontein en bring vars klanke, bekende lirieke en ’n verhoogteenwoordigheid wat jou van begin tot einde vasgenael hou. Sluit by ons aan vir ’n onvergeetlike musiekervaring. Ouer, wyser en gryser, dis iets vir…
11 Jun 4 min