Dit is nou 'n goeie tyd om in landbou te wees, meen politieke ontleder

Loading player...
Die Covid-19-pandemie was in 'n sin goed vir die landboubedryf, veral omdat daar 'n bestaande vooroordeel is deur baie mense teenoor dié bedryf en boere. 'n Politieke-ontleder, Max du Preez, meen dié vooroordeel is tydens die nasionale grendelstaat weens dié pandemie in 'n mate afgebreek, omdat landou dié bedryf was wat die ekonomie aan die gang gehou en kos geproduseer het. Hy sê die prys van kos het nie in dié tydperk 'n skerp styging getoon nie. Graanoeste is goed, en nie baie werksgeleenthede het verlore gegaan nie. Daarom was landbou 'n baken van stabiliteit en voortuitgang in dié tydperk, hoewel van die landboubedrywe soos die wynbedryf, swaargetrek het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Preez gepaar.
8 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min