Agri-Uur: 15 September, Dr. Winifred Bowman

Loading player...
Sowat 149 wyne is deur ongeveer 130 produsente ingeskryf vir vanjaar se Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie, waarvan die 20 top-finaliste onlangs bekend gestel is. Dié besonderse kompetisie word gekenmerk as die enigste Suid-Afrikaanse kompetisie uitsluitlik vir Sauvignon Blanc. Kaapse Wynmeester en sameroeper van beoordelaars vir dié kompetisie, Dr. Winifred Bowman, sê die meerderheid van die finaliste is van die Darling- en Durbanville-omgewing afkomstig en voeg by dat hulle nie vanjaar inskrywings van Noord-Kaapse wynprodusente gekry het nie. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Bowman oor hierdie kompetisie gesels.
14 Sep 2020 10AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min