Stoetkuddes blink uit op eerbewysgeleentheid

Loading player...
Standard Bank en SA Stamboek se Elite-eerbewysgeleentheid was vanjaar van hoogstaande gehalte al is dit virtueel aangebied. Dr. Japie van der Westhuizen, algemene bestuurder van SA Stamboek, sê dié geleentheid, wat vanjaar tydens die Bloemskou in April sou plaasvind, maar weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls gekanselleer is, word gekenmerk deur verskeie eerbewyse. Hy sê dit het ten doel om erkenning te gee aan die land se top-stoetkuddes. Van der Westhuizen meen dié telers met hul onderskeie kuddes wat genomineer is, en van SA Stamboek se dienste gebruik maak is beslis die room van die bedryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
29 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min